’n Skok in Phalaborwa – van vrees tot vrede by die braaivleisvuur
Vrydag 24 Oktober was beslis nie sommer net ’n gewone dag nie. Teen 2-uur die middag het ons, ek saam met Jaysen, Tannie Z en Oom Craig, die pad gevat vanaf Bandelierkop na Phalaborwa. Die was beslis nie skaam gewees nie , maar die rit self het nie lank of swaar gevoel nie – almal was in ’n goeie bui en vol opgewondenheid oor die naweek wat voorlê.
Toe ons uiteindelik in Phalaborwa aankom, maak ons ’n draai by die Spar om bietjie inkopies te doen. Ek bly in die Cruiser wag, want al ons bagasie was agter op die bakkie – en ons wou nou nie hê dit moet voete kry nie! Terwyl ek daar sit, sien ek skielik ’n dronk wit man wat stadig in my rigting begin stap. Eers lyk dit vreemd want Hy Val rond , maar toe merk ek op — daar steek duidelik ’n 9mm-pistool in sy broek. My hart klop vinniger. Ek sluit die deure, maak die vensters toe, en probeer kalm bly.
Die man kom reguit na my deur toe en probeer dit oopmaak! Ek vra hom wat hy soek, maar hy sê niks — net ’n koue staar. Ek sê toe vir hom om asseblief aan te beweeg, want hy maak my ongemaklik. Hy draai om en stap stadig tot voor die Cruiser se bonnet… en klim toe sommer op! Hy lê daar soos ’n “vrot vel”, en ek roep vir hom om af te klim. Skielik slaan hy met sy vuis teen Jaysen se Cruiser se venster — glas kraak oor die hele skerm. STUKKEND.
Terwyl Hy op die bonnet le gryp ek my foon en bel vir Jaysen wat nog in die Spar is. Binne sekondes is Hy daar en help die man van die bonnet af , en toe het die man toe verdwyn saam sy pel. Ons het dadelik na die Spar se kantoor gegaan en die sekuriteitsbeeldmateriaal gekry wat alles wys — ’n ervaring wat ons nie gou sal vergeet nie. Ek het nog lank daarna die adrenalien gevoel — daardie mengsel van vrees, woede en ongeloof.
Later die middag het ons uiteindelik by Forever Holiday Resort in Phalaborwa aangekom. Die hitte was intens — byna 40°C teen vyfuur — maar toe ons ons eenheid betree, was dit soos hemel: elke vertrek het ’n yskoue aircon gehad! Ná al die spanning van vroeër, het ons daardie aand lekker gebraai, gesels en ontspan. Die geur van wors, die geknetter van die vuur, en die wete dat ons veilig is, het die dag mooi laat eindig.
Van ’n vreesaanjaende oomblik by die Spar tot ’n rustige aand onder die sterre — dit was ’n dag vol emosie, avontuur en dankbaarheid dat alles tog goed afgeloop het.