Vir my verjaarsdag hierdie jaar het ek besluit op n avontuur, en ek kon dit nie met n beter geselskap deel nie. Saam met my twee goeie vriende, Jaysen en Johann, het ons vrydagoggend vroeg, reeds om 06:00, koers gekies na Tzannen. Die plan was eenvoudig: ruil my broer se bakkie by die plaaslike Isuzu-handelaar in vir n diens en gebruik dan Jaysen se Cruiser om die omgewing behoorlik te vereken.
Ons dag het begin met n heerlike, opbouende ontbyt by Wimpy, waarna ons op pad was na die Letaba River Lodge. Dit was n absolute hoogtepunt van die dag! Ons het die ongelooflike voorreg gehad om van nader aan verskeie diere te vat, insluitend klein leeutjies, tierwelpies, hienas en tieboskatte. Nadat ons die lieflike diere ontmoet het, het ons n stappie deur die res van die park geneem om die ander inwoners te besigtig.
Ons volgende stop het ons na die Agatha Crocodile Farm geneem. Hier het ons massiewe krokodille gesien wat jou verstand te bowe gaan! Om die ervaring af te rond, kon ons selfs n klein krokodilletjie vashou – n ware hoogtepunt.
Teen middagete het ons honger begin word en het ons by Safari Pub and Grill aangedoen vir n welverdiende maaltyd. Maar die pret het nie daar gestop nie. Loopafstand van die restaurant was daar n paintball-baan. Ons het spontaan besluit om mekaar daar aan te vat! Skote het geklap en ons het met groot entoesiasme rondgehardloop en mekaar geskiet. Dit was pure pret!
Die Laaste stop voor ons die bakkie by Isuzu gaan oplaai het, was by Ricky Louw Pitstop. Hier het ons n paar rondtes pool gespeel, wat die perfekte manier was om die dag rustig af te sluit.
n Naweek van werk, speel en teleurstellings. Saterdagoggend het die plaas roetine ingeskop toe ek en Jaysen die kragopwekker aan die gang gekry het, wat nodig was om die dam vol te hou. Later die middag het ek, Jaysen en Johann weer gery om die kragopwekker op te laai, en sommer ook n wynrak.
Die aand was dit tyd vir die rugby, maar dit was n bittere pil om te sluk toe die Bokke teen Australie verloor het.
Die teleurstelling het voortgeduur op Sondagoggend toe ek en Jaysen om 06:00 voor die TV gesit het om na Dricus se UFC – geveg te kyk. Onhelukkig het hy ook nie die stryd gewen nie. Dit was n slegte naweek vir Suid-Afrikaanse sport, aangesien ek ook gehoor her die krieketspan het verloor.
Die res van die Sondag het ons besluit om die koue te trotseer en die middag in die Lodge te spandeer. Ons het movies gekyk en net rustig in die koue weer gekuier. Dit was die perfekte, ontspannende einde van n aksiebelaaide naweek.