Wat n propvol dag was dit nie! Die oggend het begin met praktiese opleiding vir Gerhard. Ons het hom die RW en SCI meetmetodus gewys op al die diere wat hy vir sy praktiese verduideliking benodig. Dit is so belangrikom daardie vaardighede onder die knie te kry!
Daarna het ek, Johann en Gerhard ons na die versameling horings geskuif. Johann moes tien verskillende horings vashou, terwyl Gerhard die taak gehad het om sy horingskattingsvaardighede op elkeen toe te pas.Dis n goeie oefening vir n fyn oog!
Terug in die klaskamer het ons toe gefokus op boogjag. Gerhard het n oopboektoets daaroor gedoen en moes die antwoorde in sy handleiding uitlig- n goeie manier om homself vertroud te maak met die materiaal.
Middagete was n welkome ruskans, en ons het heerlik geeet en kragte herwin. Maar die aksie was nog lank nie verby nie! Na ete het ek vir Johann geroep en hom ingelig dat ons op pad was na die beeste.
Saam met my broer het ons drie by die kraal aangekom, en toe begin die ware werk: ons moes die beeste in die drukgang jaag om vyf jong bulle te laai wat na die voerkraal moes gaan. Laat ek jou se, dit was geen maklike taak nie! Ons drie was vuil en vol stof na hierdie avontuur. Daai bulle wou absoluut nie op die sleepwa klim nie! Dit was n geval van stoot en trek, maar ons het nie moed opgegee nie. Uiteindelik is al vyf bulle suksesvol gelaai en by die voerkraal afgelaai.
Die grootste bul was verbasend mak toe ons hom laai, maar by die voerkraal was hy n heel ander dier! Hy het almal wat hom probeer aflaai het, met sy kop probeer stamp – dit was n enorme taak om hom in die gang na die weegskaal te kry. Selfs daar het hy aanhou probeer om almal te bestorm wat hom aangejaag het, totdat hy uiteindelik op die skaal was. Wat n verligting!
Terug by die Lodge het die “bosveld-TV” (die kampvuur!) reeds vir ons gewag, gereed vir die heeerlike braai wat my broer vir ons voorberei het vir aandete. Dit was die perfekte afsluiting van n dag vol uitdagings.
Veels geluk met jou verjaarsdag 🙂
Hoop ons sien jou by die jaar se 08 Championship!
Ps. Spelfout in die eerste paragraaf; ‘belangrikom’.
Willem baie dankie ek sien nou eers jy het hier vir my geluk gewens dankie waardeer dit.