Wat n naweek was dit nie! Van Vrydag 22 Augustus tot Maandag die 25ste het ons n splinternuwe projek aangepak:die bou van n nuwe kraal vir die boerbokke. Dis n groot taak, maar ons is nie bang vir n bietjie harde werk nie!
Ons span bestaan uit Johann,Jaysen,Arno,my broer en myself, ons het soos kampioene saamgewerk. Ons het Vrydag begin, en Saterdag het ons volstoom voortgegaan. Ons het soveel moontlik pale gegrawe en geplant, terwyl die opwinding oor die eindproduk ons gemotiveer het.
Sondag was n lekker rusdag by die Lodge, en die breek het ons almal weer herlaai. Op Maandag was ons terug, vol energie om weer in te spring en te help.
Die projek vorder vinnig, en ons is op skedule. Ek sal julle op hoogte hou van die vordering en kan nie wag om die finale kraal met julle te deel nie!