Wanneer Groot Nabome in Vlamme Val
Vandag was weer ān bitter warm dag. Teen middagete kom Oom Craig met die nuus dat daar ān brand by die Koppies van Bandelierkop is en dat ons dringend moet ry om te gaan help. Sonder huiwering spring ons in die bakkie en jaag daarheen.
Toe ons daar aankom, het dit aanvanklik gelyk of die brand nie te erg was nie, maar binne ān halfuur het alles verander. Die wind het opgesteek en begin waai met ān krag wat die vuur aanjaag het soos ān monster wat sy pad oopvreet. Skielik was die bosveld ān muur van vlamme.
Die manne het die veld ingegaan om die vure te slaan, terwyl ek, soos gewoonlik, by die bakkie gebly het om te sorg dat dit regstaan as die brand te naby kom. Ek onthou hoe die vlamme seker net honderd meter van my af was ā vure wat hoog bo die groot nabome uitgesteek het. Die geknetter van takke wat breek, die gesuis van gras wat vernietig word, was amper oorweldigend.
Op ān stadium was daar seker ses tot agt afsonderlike brande in die omgewing, en die rook het saamgetrek in ān donker massa presies daar waar ek gestaan het. My oĆ« het gebrand, maar ek het bly uithou. Vir ure lank het ons span geveg teen die vuur ā ses ure se sweet, stof en rook, totdat ons uiteindelik die ergste kon doodkry
Dit was ān harde dag, ān gesukkel en ān stryd teen die elemente, maar ons is dankbaar dat almal nog veilig is . Vandag het ek weer besef: wanneer groot nabome in vlamme val, besef ān mens hoe klein jy eintlik is teenoor die mag van die natuur.