’n Onvergeetlike Dag – Viaghn se Verjaarsdag Avontuur
Die 15de Augustus was geen gewone dag nie – dit was Viaghn se verjaarsdag, en ons het hom regtig in styl gevier. Van vroeg die oggend af het ons geweet dit gaan ’n dag vol avontuur, lag en herinneringe wees.
Ons het afgeskop met ’n ontbyt by Wimpy in Tzaneen, waar almal gesellig om die tafel gesit het en saam gelag het. Die geur van vars koffie en die bekende Wimpy-ontbyt het sommer reeds ’n warm gevoel gegee vir wat voorlê.
By die Leeus en Tiere
Na ontbyt het ons koers gekies na die Letaba River Lodge Lion & Other Cats Park. En wát ’n belewenis was dit! Ons het die kans gehad om die klein baba leeutjies en tiertjies te vryf – hulle sagte pels en speelse aard het almal se harte gesteel. Selfs die hyenas en die tierboerkatte was daar om bewonder te word.
Die hoogtepunt was egter om die groot leeus en tiere van naby te sien – massief, kragtig en majestueus. Dis ’n belewenis wat jou laat besef hoe ongelooflik die natuur is.
Vir my was dit ekstra spesiaal, want ek het sommer twee “lifers” op my voëlslysie kon afmerk: die Woolly-necked Stork en die Hooded Vulture. ’n Bonus wat die dag net nog meer besonders gemaak het.
Krokkedille en Lag
Ons volgende stop was by die Agatha Crocodile Ranch, waar ons verstom gestaan het voor die enorme krokkodille. Die spanning het in die lug gehang toe ons gesien het hoe hulle gevoer word – ’n regte vertoning van krag en instink. Nog meer spesiaal was dit toe ons die kans kry om ’n baba krokodil vas te hou. Jaysen en Viaghn se gesigte het sommer alles gesê – hulle het dit verskriklik geniet.
Pizza, Paintball en Bloukolle
Teen laatmiddag het ons honger lywe weer ’n draai gemaak by die Safari Pub en Grill, waar ons ’n heerlike pizzas geniet het. Maar natuurlik was dit nie die einde van die dag nie. Jaysen het besluit dat ons die dag moet afrond met iets bietjie meer… aksie! En so het ons by die paintball park beland.
Daar het ons mekaar met verfkoeëls bestook. Ek moet erken – ek het die ergste daarvan weggekom! Ek was letterlik vol bloukolle, maar ons het so gelag dat ek dit nie eens omgegee het nie.
Pool en Pad Huis Toe
Later die middag het ons nog vinnig by ’n pub gaan draai en ’n paar rondtes pool gespeel. Ek moet sê – ek was glad nie goed nie, maar dit het nie saak gemaak nie. Die geselligheid en lag het dit alles die moeite werd gemaak.
Toe was dit weer tyd om Oom Craig se bakkie op te tel en koers te kies terug Bandelierkop toe. Ons het moeg maar oorvol geluk terug gery – met harte vol dankbaarheid vir ’n dag wat Viaghn se verjaarsdag regtig besonders gemaak het.