šŸ† IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

Goeie dag al ons lesers!!

 

Vanoggend vroeg is ek en Viaghn en Oom Gerhard op die skietbaan waar ons horingskatting gedoen, ek hou die skeldel in die lug en oom Gerhard moet nou raai wat is die regte lengte van die horings. nadat ek 10 skedels op gehou het het ons toe begin die horings met n meetband meet. Die horingskatting is deel van die PH skool. Die oom het bietjie gesukkel maar ons gaan hom nog baie evalueer.

Vroeg die middag is ek soos elke dag in die hoenderhok waar ek besig is op die hok skoon te maak ek het ook al die takke op gehark in die hok en dit in n kruiwa gegooi, toe my kruiwa vol was stap ek compound toe waar ek nou dieĀ  gemors moet uitgooi ek stap en maak my kruiwa skoon en stap al die pad terug hoenderhok toe ek gaan eers deur twee hekke en elke keer moet ek oopmaak die kruiwa deurstoot stop en weer die hek toemaak maar by die heel laaste hek stop ek en ek kyk af en daar le n slang binne in my kruiwa besig om rond te beweeg, ek skrik toe eers want ek het so ver geloop en daar was niks in die kruiwa nie en ewe skielik is daar n slang, die slang seilĀ  uit die kruiwa uit en verdwyn in die bosse, ek kon darm sien nee die slang is n Spotted Bush Snake glad nie gevaarlik nie, ek soek en soek die slang in die bosse en sien niks ek roep Tobakile sy kom daar in en sy sien byna dadelik die slang ek wou die slang met n braaitang vang en iewers anders laat gaan maar hy het te vinnig verdwyn.Ā 

Julle Viaghn kom roep my toe ek nog besig was in die hoenderhok nee ons moet nou ry. Ek gryp my kamera en baadjie ek stap nou bakkie toe, ek sien daar is n sleepwa vir beeste aan gehak aan die bakkie toe is ek nou opgewonde want wat gaan ons nou maak, nee oom Craig se ons gaan nou n paar bulletjies laai om voerkraal toe te vat want hy het te veel bulletjies op die grond. By die kraal trek ons die sleepwa tot by die drukgang so as daar n bulletjie kom moet ons hom op die wa kry. Die eerste bulletjie moet gelaai word maar die bulletjie weet nie hy moet spring om op die wa te kom nie maar ons sukkel want die bees speel dom seker oor so 40min in die bul in die wa in, ons is sopnat gesweet en baie moeg net na die eerste hardkoppige bees maar wag, dit was nog NIKS!!

Die tweede en derde bees spring vinnig in was baie gehoorsaam en ook beslis n slimmer IQ maar die 4de bees n groot amper 400kg bul speel weer dom ons het seker n uur gesukkel met die bees ons het alles probeer ons wou raadop gee toe spring Viaghn in die wa in en toe skrik daai bees wakker hy spring in die wa in Viaghn skrik so groot hy spring soos n springspinnekop uit hy het so groot geskrik ek was ook byne besmeer deur bees mis oor my broek my hemp my bene en n steep mis oor my wang die ander het hulself byna doodgelag. Toe die laaste bulletjie op is, durf ons die pad aan na ons buurman wat ongeveer 6000 beeste het ons weeg die wa en ons laai die beeste af maar in n kwessie van 10 min het daai wit bul van n engel na n duiwel verander hy storm ons almal ons spat alle rigting in daai bees was baie beneuk gewees hy sou ons plat getrap het almal het al hul dae gehad met die bees. ons het eers half 6 klaar gemaak vanaf half 2. Daarna het ons darm lekker gebraai en met almal lekker gekuier.