🏆 IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

Vandag was die dag! n Nuwe beroepsjagkurus het afgeskop, en watter begin was dit nie! Ek het vanoggend vroeg die nuwe student (Gerhard) gaan verwelkom, sy tasse en selfs sy geweer gedra na sy tydelike tuiste hier by ons- n kamer wat sy ankerpunt sal wees tot die 8ste Augustus.

Na n vinnige toer deur die Lodge en klaskamer waar hy die meeste van sy opleiding sal deurbring, het ek reeds sy boeke in sy hande gestop. Ek het hom so effens opgewinde gemaak met n voorsmakie van wat hy alles kan verwag. My broer en Z het in die klas gestap en vir Gerhard ook hartlik welkom gese. Z het sommer dadelik die leisels geneem en die eerste sessie aangebied reg tot voor middagete.

Na n heerlike middagete het ek die res van die middag saam Gerhard deurgebring. Ons eerste stop was die skietbaan, waar hy sommer drie proefskote afgevuur het- en laat ek jou se hy het uitstekemd geskiet! Daarna het ek, Johann en Gerhard in sy bakkie gespring (met ek agter die stuur) en ons het koers gevat na die uitgestrekte 3000 hektaar. Die son het sag oor die veld geval terwyl ons gesoek het, en toe, daar was hulle! n Trop rooibokke hy het sy  kans waargeneem en n rooibokooi pragtig platgetrek.

Die adrenalien het gepomp toe ons al drie die veld ingestap het om die bok te gaan haal. Ons het haar netjies reggeskuif vir die perfekte foto’s, en Johann het n paar fantastiese foto’s geneem van hom en my , met die bok as getuie van hierdie onvergeetlike oomblik.

Dit, liewe lesers, is presies hoe n beroepsjagkursus hoort te begin. Dit gaan oor die praktiese ervaring, die opwinding van die jag, en die kameraadskap. Ek kon nie vir n beter begin gevra het as vandag nie. Ek kan nie wag om te sien wat more vir ons inhou nie!