🏆 IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

HELLO AL ONS LESERS!!

 

Vandag het ons nuwe Ph student by ons opgedaag vir sy Ph skool sy naam is Gerhard hy is ongelukkig vir n ruk aleen in die skool want die ander mense kom eers volgende week. Ek en Viaghn het die oom verwelkom op die plaas ons het ook vir hom al die plekke van belang gaan wys op die lodge bv waar sy kamer is en waar hy elke dag moet aanmeld vir ete.

 

Die oom het sommer vinnig weg gespring met sy kursus saam met Tannie Z en Viaghn en so het ek aangegaan met my werk wat ek moet doen, later die middag se Viaghn ons gaan, gaan jag saam met oom Gerhard en wil ek hulle join? Ek sal nooit nee se nie, ons ry en sien baie bokke maar meestal Steenbokke en Duikers maar ons skiet nie sulke klein bokkies met ons studente nie. Viaghn se vir oom Gerhard hy mag enigeiets skiet wat eerste stilstaan. Ons ry deur die plaaspaaie en net voor die jojos staan daar n trop rooibokke en kyk vir die bakkie, oom Gerhard le aan en daar klap n skoot. Ons klim uit die bakkie uit en wraggies daar le n rooibok ooi, Ons was baie bly dat ons n kans gekry het om iets te skiet. Ek het ook mooi fotos geneem van die oom en Viaghn by die Rooibok.