🏆 IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

Die afgelope naweek was propvol die soort lewe wat net die plaas kan bied- n mengsel van harde werk, verrassings en n tikkie natuurdrama!

Groen Vingers en n Visserman se Droomtuin:     Vrydagoggend het Johann en ek ons moue opgerol en koers ingeslaan na die groetetuin. Ons alblei spog glo met “groen vingers”, en die bynaam het beslis waar geword! Ons het onkruid uit getrek met ywer, en ek moet se, as ek n visserman was, sou ek in die sewende hemel gewees het. Die erdwurms was vet en pragtig- n ware droom vir enige hengelaar!

Dit is so bevredigend om te sien hoe die tuin floreer. Die grond is in n uitstekende toestand, en die opbrengs is ongelooflik .Ons het veral te danke aan die feit dat die stoute blou ape deedae wegbly, want alles groei tot sy volle potensiaal. Ons koolkoppe en jaarlemoene is werklik  verskriklik groot- n bewys van hoe die natuur beloon as n mens mooi na haar kyk.

Bokke, Gebreekte pyp en Rugbygees!!                  Saterdagoggend was daar geen tyd vir draai nie. Johann en ek het hande gevat en ongeveer 500kg voer gemeng vir die boerbokke. Dit is n taak wat spierkrag verg, maar dis deel van die plaaslewe. Nadat ons die swaar sakke gelaai het, is ons die pad op om die voer af te laai  by die bokke se kraal.

Op pad terug Lodge toe, het die plaas weer sy verrassings opgelewer. By die beeste kraal het ons gesien daar is n pyp stukkend! Jy weet hoe dit gaan met water op n plaas- elke druppel tel. Ons moes eers die skade herstel voor al die waardevolle water verlore sou gaan. Gelukkig was die herstelwerk vinnig, en die pyp het nie meer water gelek nie. Daarna was dit terug na die Lodge vir n welverdiende middag van Currie Cup rugby wat die naweek afgeskop het. Niks soos n bietjie sport om die siel te verkwik na n oggend van harde werk nie! 

Sondag: Koue en kuier in die Lodge                      Sondag oggend het ons wakker geword met n bitter kouer en ysige wind wat om die Lodge gehuil het. Dit was definitief die soort oggend wat mens eerder binne wil deurbring! Ons het almal maar rustig gebly, n draai gemaak in die Lodge en iets gesoek om op die TV te kyk. Perfek vir n lui Sondag, veral na die bedrywige Vrydag en Saterdag.