🏆 IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

WAT N BESIGE EN BEDRYWIGE NAWEEK !!

 

Nou hierdie naweek was ek en Viaghn ongelooflik besig gewees vroeg Vrydag oggend spring ek en Viaghn in ons enorme groot groentetuin in lyk amper soos die groentetuin van Babylonstoren in die Kaap! Ek en Viaghn het die groentetuin reg gekry vir die somer gewasse ons het bossies uit getrek uit die groentetuin uit vir die vale maar dit was vet pret want ons het die bossies vir die hoenders gegooi. Hulle het so lekker deur al die bossies geskrop en alles op geeet. Gang ver gang lyk ons groetetuin puik. MAAR ons is nog nie klaar nie die tuin is net veels te groot vir een dag se werk. Daar is van Spinasie, Kool, Wortels, Blaarslaai, Baby Marrows, Mielies en nog baie meer soorte groente in die tuin. Ons het ook n paar Vrugtebome in die tuin, enorme jaarlemoene, Lemoene en baie ander. Later het Brens en Tobakile ons gehelp in die tuin waar hulle ppk n paar rye skoongemaak het.

 

 

8 uur Saterdag oggend begin ek en Viaghn om Boerbokvoer te meng ons sny 10 van daai 50kg sakke bokvoer oop en gooi dit is een enorme groot emmer in, laag ver laag gooi ons die voer op mekaar, n rukkie later is al die voer in die emmer en toe begin die groot werk, ek en Viaghn het ons grawe in die hande en daar spring ons weg om die voer te meng ons meng en meng en meng dit is +- 500 kg boerbokvoer wat ons saam moes meng ons net n paar keer net gestop om asem te haal. Uiteindelik is al die voer goed genoeg gemeng en ek en Viaghn gooi dit toe nou weer terug in die sakke in. Viaghn het homself byna doodgelag omdat ek om hemelsnaam nie die sakke kan optel nie omrede ons dit swaarder gemaak het as wat dit aangekoop was. Nee jinne ek het gesukkel maar Viaghn tel daai sakke op asof dit niks is nie hy is seker gemaak van staal en ek seker spons wie weet !!

Toe ons gery het om die voer na die boerbokke te neem sien ons een van die pype in die beeskraal het gebars ons het terug lopdge toe gery om grawe te kry Viaghn en Oom Craig het begin grou en ons het darm die probleem gekry en hulle kon dit vinnig fix.

Sondag het ek en Viaghn maar net n prent gekyk. Toe ek nou moeg was vir die Tv het ek besluit om iets produktief te doen ek het toe sommer die hoenderhok gaan skoonmaak nou jy moes net gesien het hoe happy was daai hoenders hulle oe het sommer gerek toe hulle sien hulle hok is mooi skoon weer. Daar is ook een hen wat op eiers le so hoop een van die dae gaan daar kleintjies wees.