N VOL DAG VAN BOKKIES TOT SKIET MET N 458 GEWEER TOT BIRDING IN LIMPOPO WILDLIFE ECO COLLEGE
Vanoggnd vroeg ry ek en Viaghn om die generator uit te vat sodat ons water kan pomp na die krippe en na Baberdam op die pad sien ons 3 Nyala bulle en n paar Rooibokke toe ons die Generator klaar uitgevat het toe moes ons n draai maak by die boerbokke want een bokkie moet sy medikasie kry die bokkies is heeltyd besig om aan ons klere te kou maar ek moes n paar keer my veters vasmaak want hulle trek dit los. Ons het toe weer teruggekeer lodge toe deur die pragtige bosveldpaadjies waar ek en Viaghn voeltjies gekyk het tot by die lodge.
Oom Ettiene het vandag vir my n kans gegee om 3 skote met sy 458 geweer te skiet hier by ons op die skietbaan eers was ek skrukkerig want ek weet dit is n groot kaluber en hy gaan heel moontlik my lekker skop maar ag neewat dit was glad nie seer nie even toe Viaghn geskiet het het hy my gese ag neewat dit was niks gewees nie hy sal enige dag met so n geweer skiet ek het saamgestem met Viaghn