🏆 IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

Die uitgestrekte bosveld van Limpopo roep altyd na avontuur, en so ook die daaglikse take by die beroepsjagkursus. Onlangs het ‘n besondere uitdaging op my en Johann, ons hardwerkende langtermynstudent, gewag. ‘n Monumentale buffelskedel, die trotse toonbeeld van krag en wildheid, het ons aandag geverg. Hierdie spesifieke skedel is hier in Limpopo gekry en is deur ‘n egpaar van Texas, Amerika, saamgebring vir ons om te gebruik, want hulle is vol vertroue in ons vermoĂ«ns. Dit sal ‘n sleutelrol speel in die opkomende beroepsjagkursus, en daarom moes ons verseker dit is in onberispelike toestand.

Die boorwurms, daardie ongenooide gaste, het lelike merke op die buffel se basis gelaat. Met ywer het Johann en ek begin skraap, elke greep ‘n poging om die skoonheid te herstel. Dit was ‘n verrassende proses, want te midde van die afgeskraapte hout het ons kort-kort op lewendige wurms en larwes afgekom – ‘n aanduiding van hul hardnekkige teenwoordigheid. Ná die skraapwerk het ons met fynheid die buffelhorings met petrol gesmeer. Dit was ‘n noodsaaklike stap om seker te maak daardie laaste, verborge wurms ook die wyk neem. Toe dit alles verby was, het ‘n laag olie die horings weer laat glans, gereed vir hul volgende hoofstuk.

Die dag se harde werk is bekroon met ‘n heerlike aandete. Johann en ek het buite gesit, die stilte van die bosveld om ons, en in diepte gesels oor die dag se gebeure en die opwinding wat voorlĂŞ met die nuwe kursus. Die tyd het so verbygevlieg dat Johann op ‘n stadium aanbied om koeldrank te gaan skink. Hy het skaars ‘n paar treĂ« gegee toe hy skielik in sy spore vassteek en uitroep: “Slang!”

Ek het opgespring, my hart het ‘n slag gemis, en daar, net ‘n entjie van hom af, was ‘n klein bababruin huisslangetjie. En net daar naby, soos ‘n bewaarder, het ons plaaskat, Kallie die Kietiekat, parmantig oor die slangetjie gepronk! Ons het die kat vinnig weggeneem, en soos Johann, met sy sorgsame geaardheid, die piepklein slangetjie wou optel, het die natuur se instink oorgeneem. Die klein slangetjie, ten spyte van sy grootte, het Johann se vinger gebyt. Gelukkig was dit net ‘n klein knypie en niks ernstigs nie. Ons het vinnig ‘n paar foto’s geneem om hierdie onverwagse ontmoeting te verewig, en daarna het ek die babaslangetjie saggies weer op die gras neergesit, sodat dit sy pad kon voortsit, vry om te gaan waarheen hy wou.