🏆 IMPORTANT: You're viewing South Africa's ONLY wildlife college with CATHSSETA + QCTO + NEMBA accreditation. Verify Our Status →

N DAG VOL AKSIE EN ADRENALIEN!

 

Goeie more almal! Vandag wil ek julle van n onvergeetlike dag wat vol verassings en opwinding was – presies die soort dag wat my laat besef hoe dankbaar ek is vir elke oomblik

 

Die oggend het vroeg begin toe Johann en ek koers gekies het om die kraqgopwekker te gaan haal. Dit was n noodsaaklike tog, want ons moes hom gaan aansit sodat hy water na die dam kon pomp. Nadat die kragopwekker behoorlik aan die gang was, was ons gereed vir die volgende avontuur.

Die roete het ons na die boerbokke gelei. Een van die klein bokkies het ongelukkig nie lekker gevoel nie, en dit was my taak om hom te gaan spuit. Dit is altyd moeilik om te sien hoe n dier swaarkry, maar ek is bly ek kon help.Nadat die bokkie se nood versorg is, het ons teruggekeer lodge toe, waar Ettiene reeds op ons gewag het.

 

Ons het lekker gesels en daarna aangesit vir n heerlike middagete. Daar is niks so lekker soos goeie kosen goeie geselsskap na n besige oggend nie! Ons het die middag se planne gefinalisser, en teen half 3 die middag het ek my broer laat weet dat ons reg is vir die volgende groot gebeurtenis: n middag by die skietbaan!

 

En wat n skietbaan – ervaring was dit nie! Ettiene het met sy indrukwekkende .458 kaliber gewere gewag. Hy het twee van hierdie reuse gehad- een was sy persoonlike wapen en die ander een het aan die Kruger Nationale Wildtuin behoort. Dit is nie elke dag wat n mens die geleendheid kry om met so iets te skiet nie!

 

Ettiene en my broer het eers n paar skote afgevuur om die slagveld te ”open”. Toe, na hulle hul beurt gehad het, roep hulle vir Johann nader, en hy kry ook die geleendheid om die krag van die .458 te ervaar. En na Johann was dit my beurt. Ek het die geweer opgetel, gemik, en n paar skote geskiet. Ek kan met trots se dat almal baie mooi geskiet het! Die presisie en daardie krag van daardie gewere was ongelooflik.

 

Dit was n wonderlike manier om die dag af te sluit-vol adrinalien, goeie geselskap, en n gevoel van trots oor ons skietvernuf. Sulke dae herhinner my net weer hoe geseend ons is met die geleendhede wat ons kry.

Tot volgende keer!